- de kock trouklokke lui -
Wynand en Ishke
12 Desember 2026
NB: RSVP voor 31 Augustus 2026
Meer oor die paartjie...
Ons paaie het jare gelede al gekruis op die karate mat, maar dit was eers weer op ’n Dinsdagaand, twee jaar terug, wat ons mekaar opnuut raakgeloop het. Kort daarna het Wynand se hart ’n nuwe rigting gevind toe hy betrokke raak in die kerk en sy lewe aan die Here oorgee. ’n Keerpunt wat ons storie nog meer besonders gemaak het.
Nie lank daarna nie, op ’n sonsak-rit terug van Sardinia Baai, het hy vir Ishke gevra om sy meisie te wees.
Op 7 Februarie 2026 het Wynand vir Ishke verras met ’n klim teen die styl trappe van die Cape Recife se Lighuis, waar hy op een knie gegaan en die groot vraag gevra het. Wat dit nóg meer spesiaal maak, is dat hy in dieselfde week deur sy selgroep na die “Baken van Lig” selgroep uitgestuur is—met ’n kaartjie van dieselfde lighuis wat hy van sy vorige selgroep ontvang het.
Vir ons is dit ’n pragtige bevestiging dat God in elke detail van ons storie is. ✨
Wynand de Kock
- Karate skills: Taai genoeg om ’n gebreekte rib te oorleef 🥋
- Persoonlikheid: Rustig, lojaal en vol geloof
- Gunsteling ding: Buitelewe en goeie geselskap
- Sterkpunt: Standvastig en saggeaard
- Swakpunt: Sê selde nee vir Ishke
- In die kombuis: Eet eerder as kook
- Fun fact: Hy het verlief geraak… selfs ná die rib-insident
Ishke Bezuidenhout
- Karate skills: Sterk genoeg om ’n rib te breek 🥋
- Persoonlikheid: Liefdevol… maar moenie haar onderskat nie
- Gunsteling ding: Kwaliteit tyd en mooi oomblikke
- Sterkpunt: Gee om met haar hele hart
- Swakpunt: Wynand se rib (ons grap net!)
- In die kombuis: Probeer haar beste
- Fun fact: Sy hou dinge interessant
Vriendelike versoek
Geen kinders en geen selfone in die paadjie af nie.
Indien daar enige woord of vers vir die paartjie is, sal daar ‘n geleentheid wees om dit by die troue neer te skryf.
Dress code: Semi Formal
Waar en Wanneer
NB: RSVP voor 31 Augustus 2026
Hoelaat?
- Saterdag, 12 Desember, 2026
-
Vanaf 14:30 tot 23:00
NB: Almal moet stiptelik 14:45 sit
Bank besonderhede
- Capitec Savings - 1754832979
- Branch Code - 470010





